Guterres lê besoek in Pretoria af
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sal vandag die gasheer wees vir die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, tydens ‘n hoflikheidsbesoek in Pretoria. Die vergadering sal fokus op die belyning van standpunte rondom die G20-presidensie se prioriteite, die bevordering van die wêreldverdrag vir die toekoms, en voortgesette vordering met volhoubare ontwikkeling en klimaatsverbintenisse.