Ondersoek OR Tambo-brandstofkrisis: DA

Die DA het ‘n beroep gedoen op die minister van Vervoer, Barbara Creecy, om ‘n volledige ondersoek van stapel te stuur na die krisis met stralerbrandstof-voorrade by die OR Tambo Internasionale Lughawe. Die DA se woordvoerder vir Vervoer, Chris Hunsinger, het die mislukking beskryf as ‘n katastrofiese slag vir Suid-Afrika se toerismebedryf sowel as vir beleggersvertroue. Hunsinger eis aanspreeklikheid. Jabulani Khambule van ACSA het intussen in gesprek met die SABC gesê die agterstand is opgelos.