Los ons halfnaak-foto’s, vra moordenaar

Die verhoor van die siviele saak waarin die Amerikaanse moordenaar Kevan Townsend en verhoorafwagtende oudlanddros Jaco Kennedy die korrektiewe diens dagvaar vir wat hulle beskryf as menseregte vergrype, gaan voort in die Windhoekse hoërhof. Onder die lang lys voorregte wat hulle op aandring is dat bewaarders ophou om semi-naakte foto’s te konfiskeer en dat hulle huweliksbesoeke kan ontvang. Hulle soek onder andere ook kragproppe in selle en die gebruik van televisies, waaiers, selfone en rekenaars. Hulle dagvaar die binnelandse sake-minister vir 850 000 Namibiese dollar weens verskeie beweerde gevalle van onmenslike behandeling deur die owerhede. Regter Collins Parker is op die bank.