Goud sal ertssektor se groei aandryf

Die Bank van Namibië sê in sy ekonomiese vooruitsigte vir Desember die mynbousektor sal na verwagting beduidende groei registreer vanjaar, aangedryf deur ‘n toename in goudproduksie. Die metaalerts-sektor sal met 26,2 persent vanjaar uitbrei met groei van amper 6 persent wat vir 2025 voorspel word. Die bank skryf die sterk groei aan tot die hoër graad gouderts wat ontgin word en wêreldrekord goud pryse, veral met die onsekere geopolitieke risiko’s.