Gerugte dat Keniaanse mag in Haïti nie betaal word nie
Byna 20 van die sowat 400 Keniaanse polisiebeamptes wat in Haïti diens doen op ‘n VN-gesteunde teenbende-mag het die afgelope twee maande briewe van bedanking ingedien weens vertragings in betaling en swak toestande. Reuters berig die beamptes het geen reaksie op hul briewe ontvang nie en dien steeds op die sending. By navraag het Keniaanse owerhede die berigte ten sterkste ontken en sê niemand het bedank nie en almal is betaal.