Menstruasie-geweld is ‘n ding, en dit moet aandag kry

Namibië neem saam met die wêreld die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld waar, asook die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue en Internasionale Menseregtedag op 10 Desember. ‘n Ander kwessie wat egter dikwels oor die hoof gesien word is menstruasie-geweld. Dit sluit in menstruasie-armoede, afknouery, stigmatisering, menstruasie-ballingskap asook verbale, fisiese en seksuele mishandeling. Vroeë kinderhuwelike hou ook verband met die aanvang en voortsetting van menstruasie. Die #NoExcuse veldtog dien as ‘n oproep vir kollektiewe voorspraak, opvoeding en die bevordering van beter menstruele gesondheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslagsaktivis Linda Baumann gesels, wat haar mening gee oor hoe menstruasie-geweld aangespreek kan word.