Daar’s geen voordeel in verlenging van Waluś se verblyf nie

Die GOOD-party verwelkom die nuus oor die deportasie van Chris Hani se moordenaar Janusz Waluś. Brett Herron sê nadat hy twee jaar gelede op parool vrygelaat is, was daar geen voordeel vir Suid-Afrika in die verlenging van sy verblyf nie. Hy sê die hof het bo enige twyfel bevind Waluś en die wyle Suid-Afrikaanse regse leier Clive Derby-Lewis was verantwoordelik vir die sluipmoord op Hani: