BOSA bly oor NVG se terugvordering van R5-miljard, maar…
Build One South Africa verwelkom die vyf-miljard-rand wat die Nasionale Vervolgingsgesag teruggevorder het. Dit is onthul in ‘n parlementêre antwoord van die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling. Die ministerie wys daarop dat die NVG slegs teen 52-persent van sy vereiste vermoë bedryf word, wat hom verhinder om strafregtelike sake doeltreffend te vervolg. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê geregtigheid word verder vertraag weens 225 uitstaande sake, waarvan talle in die Spesiale Tribunaal en die Hooggeregshowe sloer.