Verwyder president, vra S-Korea se regerende party-leier

Die leier van Suid-Korea se regerende party, Han Dong Hoon, sê president Yoon Suk Yeol moet verwyder word omdat hy probeer het om krygswet in te stel. Dit verhoog die druk op hom om te bedank, al het lede van sy People Power Party hulle formele teenkanting teen sy afsetting bevestig. Wetgewers sal môre stem oor die mosie van die hoof-opposisie, die Demokratiese Party, om Yoon te vervolg. Han het ook “geloofwaardige bewyse” aangehaal dat Yoon van plan was om politieke leiers in hegtenis te neem en aan te hou. Hy vra dat Yoon onmiddellik geskors word.