Mans ly ook onder GBV, moet praat daaroor

Geslagsbaseerde geweld is ‘n groot bekommernis in Namibië en berigte van gewelddadige dade en selfmoorde is algemeen. Die woordvoerder van die geslagsgelykheid-ministerie, Lukas Haufiku, sê mans ervaar ook geslagsbaseerde geweld, en prys diegene wat die mishandeling wat hulle in verhoudings verduur openbaar maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Haufiku gesels wat mans aanmoedig om oor hierdie probleem te praat.