Kampioenebeker-reeks skop die naweek af

2024/25 se Kampioenebeker-reeks begin die naweek, en die eerste wedstryd is vanaand in Engeland tussen Bath en La Rochelle. Drie Suid-Afrikaanse spanne speel in die kompetisie, wat beskou word as die toppunt van klubrugby in die wêreld. Dit behels 24 spanne wat in vier groepe meeding. Die Haaie speel môremiddag in Durban teen Exeter Chiefs, en die Stormers in Gqeberha teen Toulon. Die Bulle pak Saracens môreaand in Londen.