McKinsey het saam gekaap in SA, betaal R2,2 miljard boete
Die Suid-Afrikaanse afdeling van die Amerikaanse multinasionale bestuursadvies-maatskappy, McKinsey and Company, het ingestem om Suid-Afrika sowat 2,2 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal vir sy rol in staatskaping. ʼn Amerikaanse federale hof het dit bevestig. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê McKinsey het verantwoordelikheid erken en aanvaar vir die misdadige optrede van sy gewese vennoot, Vikas Sagar, wie se korrupte optrede aan die maatskappy kontrakte van byna 2 miljard rand met Transnet en Eskom besorg het. McKinsey sê hy sal voortgaan om saam met Amerikaanse en Suid-Afrikaanse owerhede te werk.