Regerende party in Suid-Korea sê Yoon moet waai

Suid-Korea se regerende partyleier het vanoggend gesê president Yoon Suk Yeol moet van bewind verwyder word omdat hy probeer het om krygswet in te stel. Yoon het Dinsdag die land en sy eie regerende People Power Party geskok toe hy die weermag omvangryke magte gegee het om wat hy genoem het anti-staatsmagte uit te roei. Hy het die verklaring sowat ses uur later teruggetrek nadat die parlement, insluitend sommige lede van sy party, gestem het om die dekreet teen te staan. Han Dong-hoon sê Yoon het die arrestasie van prominente politici beveel op grond daarvan dat hulle onder daardie anti-staatsmagte was.