Stuur bewyse van verkiesing-ongerymdhede hierna

Politieke partye is besig om bewyse by die publiek bymekaar te maak van ongerymdhede tydens die verkiesings. Die publiek word aangemoedig om na hulle naaste polisiestasie ‘n beëdigde verklaring in te vul. Daarna kan hulle dit stuur na elviretheron@yahoo.com. Enige ongerymdhede wat tydens die verkiesingsperiode ervaar is moet in die verklaring beskryf word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sekretaris generaal van die Republikeinse party, Elvire Theron, wat sê hulle hoop om alles môre in te handig so verklarings moet haar teen middernag bereik.