Parys weer aangewys as mooiste stad ter wêreld

Parys is vir die vierde agtereenvolgende jaar as die wêreld se aantreklikste stad aangewys. Dit is volgens die Top 100 Stadsbestemmingsindeks van die data-ontledingsmaatskappy, Euromonitor International. Die indeks plaas stede op ‘n ranglys met die kriteria wat insluit toerisme, volhoubaarheid, ekonomiese prestasie, gesondheid en veiligheid. Madrid is tweede op die lys gevolg deur Tokio, met Rome vierde en Milaan vyfde. Europa oorheers die ranglys met ses stede in die top tien.