Noordelike vulstasie eienaars is sat vir ngungula
Brandstofsmokkelaars by Oshikango hou aan met hulle onwettige bedrywighede en voer aan dat dit hul gesinne onderhou en help om hulle van die strate af te hou. Bekend as ngungula, gaan hierdie praktyk onverpoosd voort, met desperate Namibiese motoriste wat die gesmokkelde Angolese brandstof teen laer pryse koop. Dit het ‘n beduidende impak op die staatskas wat van inkomste ontneem word weens onbetaalde belastings en heffings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die noorde, wat sê die kwessie vererger en hulle ly ook verliese.