Bitcoin breek deur US$100 000 vlak
Bitcoin het vandag vir die eerste keer bo 100 000 Amerikaanse dollar gestyg sedert die herverkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president. Die uitslag het verwagtinge aangewakker omdat dat sy administrasie ‘n vriendelike regulatoriese omgewing vir kripto-geldeenhede sal skep. Bitcoin is tans net bo 103 000 Amerikaanse dollar en die kripto-eenheid het vanjaar meer as verdubbel in waarde en is sowat 45 persent hoër in die vier weke sedert Trump se verkiesingsoorwinning.