Brockerhoff se stropery-saak weer uitgestel

Die berugte vermeende stroper Derrick Brockerhoff het weer in die Windhoek-laerhof verskyn en landdros Victoria Absalom het die saak uitgestel tot 12 Desember. Brockerhoff het eers homself verdedig maar dit word nou deur prokureur Boris Isaaks behartig. Die saak, een van vele teen Brockerhoff, handel oor die geval waar hy en Markus Rooinasie met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek betrap is. Brockerhof het gister in die Rehoboth-laerhof borg gekry in ‘n ander saak, maar is nie borg toegestaan in hierdie saak nie en bly agter tralies.