Klaasen voer Proteas in T20’s aan
Krieket: Heinrich Klaasen sal die Proteas in die drie T20’s teen Pakistan aanvoer wat Dinsdag in Durban begin. Dit volg op die besluit om die gereelde witbalkaptein, Aiden Markram, nie te oorweeg nie, saam met Marco Jansen, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada en Tristan Stubbs. Hulle is tans betrokke in die toetsreeks teen Sri Lanka en sal nie in die T20’s speel nie omdat die reekse so vinnig op mekaar volg. Die draaibouler Tabraiz Shamsi en die snelbouler Anrich Nortjé keer die eerste keer terug sedert die T20-Wêreldbekertoernooi in Junie.