Verkiesingsuitslag gaan niks verander nie: aktivis

Net minder as 1,1 miljoen van die meer as 1,4 miljoen kiesers het hulle stemme in die verkiesings uitgebring, volgens die Namibië Verkiesingskommissie se amptelike data. Swapo se Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook amptelik haar verkiesing as president aanvaar, en hoewel steun afgeneem het, is Swapo steeds die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda gepraat wat sê niks sal verander nie.  

Nandi-Ndaitwah het belowe om 500 000 werke in haar termyn te skep, maar Tjarondo het nie hoop daarvoor nie.