Tiger Woods sê hy’s nie toernooiskerp genoeg
Gholf: Die 15-malige major-kampioen Tiger Woods sê hy is onseker of hy binnekort weer mededingend sal kan speel. Die voormalige wêreld nommer een het sedert sy motorongeluk in Februarie 2021 net in elf toernooie afgeslaan en in drie van dié seisoen se vier majors nie die afsnypunt oorleef nie. Hy is in September geopereer om rugspasmas en pyn te verlig. Die 48-jarige Woods, wat dié week die Hero World-uitdaagtoernooi in die Bahamas aanbied, sê hy is nog nie skerp genoeg vir ‘n toernooi nie.