Oorskot van 11 myners sal vandag by Stilfontein uitgehaal word
Nog liggame sal na verwagting uit skag 11 by die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal word, nadat onwettige mynwerkers ondergrondse sterftes aangemeld het. Gemeenskapsvrywilligers het ‘n ontbinde liggaam herwin, nadat ‘n nota van die mynwerkers ontvang is wat dringend hulp vra. Die nota het bevestig daar is minstens nog vyf mense wat dood is. Paramedici was op die terrein en owerhede sê DNS-toetse sal gedoen moet word om die liggame te identifiseer. Pogings om die oorblywende liggame uit te kry duur voort.