Ondersoek stygende vliegkaartjiepryse, vra LP’s

Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging het gevra vir ‘n markondersoek na Suid-Afrika se lugvaartsektor weens die stygende pryse van vlugkaartjies. Voorsitter Mzwandile Masina beskuldig lugdienste soos FlySafair, Lift en CemAir dat hulle lugreise onbekostigbaar maak. Die komitee is ook besorg oor die oorheersing van Airlink asook FlySafair se beweerde nie-nakoming van plaaslike wetgewing. Hulle vra ‘n ondersoek deur die Mededingingskommissie en versoek FlySafair om voor die Parlement te verskyn om te verduidelik.