Stad Windhoek skakel Vrydagaand Kersliggies aan

In ‘n jaarlikse tradisie sal die Stad Windhoek Vrydagaand om sewe-uur die Kersliggies langs Onafhanklikheidsrylaan aanskakel. Die Kersfeesmark sal ook geopen word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek, wat meer inligting gee.