Hond en eienaar uiteindelik herenig
ʼn Hond, wat uit haar krat op ʼn vliegtuig ontsnap het, is ná nege dae met haar eienaar herenig, het Air France gesê. Twee aanloopbane by die Charles de Gaulle-lughawe in Parys, Frankryk, moes sluit terwyl hulle Amalka probeer aankeer het. Sedert Amalka op 19 November uit haar krat ontsnap het toe die kratte afgelaai is, was daar ʼn groot soektog na die troeteldier.
Die polisie by die lughawe het ʼn hommeltuig ontplooi en die aanloopbane moes gevolglik gesluit word. Hulle het die soektog vroegmiddag uitgevoer, om enige impak op geskeduleerde vlugte te voorkom. Na ‘n lang soektog is sy uiteindelik in ʼn park in Dammartin-en-Goele, ʼn dorp naby aan die lughawe, opgespoor.