Pep-hulle verloor weer, hy ‘glo’ in sy spelers
Liverpool het hulle leierskap boaan die Premierliga-punteleer vergroot deur die huidige kampioen Manchester City met 2-0 op Anfield te klop. Doele deur Cody Gakpo en Mo Salah het die oorwinning vir die Reds verseker, en hulle op 11 punte voor City in die vyfde plek geplaas. City het nou vir die eerste keer sedert Augustus 2008 hulle laaste vier Premierligawedstryde verloor. Die span se bestuurder, Pep Guardiola, wat verlede maand ‘n nuwe tweejaar-kontrak geteken het, sê hy het steeds vertroue in sy spelers: