Nieu-Seeland knikker Blitsbokke uit
Rugby: Suid-Afrika se droom van nog vordering by die Dubai Sewes is verpletter toe hulle vanoggend in die kwarteindstryd met 24-17 teen Nieu-Seeland verloor het. Drieë deur Ngarohi McGarvey-Black en Sofai Maka het Suid-Afrika hulle eerste kwarteindloesing in ses pogings teen Nieu-Seeland besorg. Die oorwinning was die All Blacks se eerste teen Suid-Afrika sedert die Dubai-beker-kwarteindstryd in 2007/2008 toe die Blitsbokke begin het om Nieu-Seeland se destydse heerskappy af te breek. Die spanne was met rustyd 7-elk gelykop.