Macron herbevestig steun vir Oekraïne
Die president van Frankryk Emmanuel Macron het sy steun vir Oekraïne herbevestig en weer in ‘n telefoongesprek met president Volodymyr Zelensky die eskalasie van Rusland se aanvalle op die land veroordeel. ‘n Verklaring deur Macron se kantoor lui hy het met Zelensky gepraat en “op die sterkste moontlike manier Rusland se blindelingse aanvalle veroordeel wat aanmekaar vererger teen dorpe, burgelikes en Oekraïne se energie-infrastruktuur”. ‘n Afsonderlike verklaring deur Zelensky op die Telegram sosiale mediaplatform sê hy het weer aan Macron die belangrikheid beklemtoon van ‘n NAVO-uitnodiging aan Oekraïne.