Tinubu en Macron kuier in Frankryk
Die Nigeriese president, Bola Tinubu, het vandag ‘n tweedaagse besoek aan Frankryk begin met albei lande wat groter ekonomiese samewerking wil hê. Parys wil bande met Engelssprekende Afrika versterk na ‘n reeks terugslae met voormalige bondgenote. Die Franse president, Emmanuel Macron, het sy ampsgenoot by die geskiedkundige Invalides-gedenkkompleks verwelkom vir die eerste amptelike staatsbesoek deur ‘n Nigeriese leier in meer as twee dekades. Die twee volksliedere het ‘n besoek afgeskop wat ekonomiese vennootskappe tussen Frankryk en Afrika se digsbevolkte land moet bevorder.