Onderhandelinge oor volksmoord-reparasies weer afgeskiet
Die Presidensie het aangekondig dat Namibië en Duitsland gister die laaste rondte van onderhandelinge oor reparasies vir die 1904 tot 1908-volksmoord afgesluit het. In Julie is bekendgemaak dat Duitsland se reparasie-pakket ‘n “onbeperkte” 1,1 miljard euro, sowat 21,4 miljard Namibiese dollar insluit, met voorsiening vir bykomende fondse sodra die aanvanklike bedrag gebruik is. Die ooreenkomste sal nou aan die Kabinet voorgelê word. Die politieke partye Nudo en Swanu het die proses gekritiseer. Nudo-faksieleier en ook lid van Swanu, Barry Rukoro, het verklaar dat hulle saam met Swanu geregtigheid vir die volksmoordslagoffers eis. Kosmos 94.1 Nuus het met Rukoro gesels, wat sê nie die Ovaherero- of Nama-gemeenskappe is geken in die samesprekings nie, dus is dit nie reparasies nie maar ‘n ooreenkoms tussen state.