Ontwikkelingsbank, NHE maak nuwe behuisingsplanne
Die Ontwikkelingsbank van Namibië en die Nasionale Behuisingsonderneming het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om innoverende en volhoubare behuisingsoplossings te dryf. Die vennootskap het ten doel om die voorsiening van bekostigbare behuising te verbeter deur samewerkende pogings, met die fokus op groenbehuisingsinisiatiewe, innoverende finansieringsmodelle en projekte wat Namibiërs in alle inkomstegroepe bevoordeel. Dr. John Steytler, die Ontwikkelingsbank se uitvoerende hoof, het tydens die ondertekeningseremonie die memorandum beskryf as ‘n deurslaggewende oomblik in die hervorming van Namibië se behuisingslandskap. Hy sê die twee instansies sal hul kundigheid in finansies en behuisingslewering kombineer, en beoog om oplossings te ontwikkel wat gemeenskappe bemagtig. Dit sal ook ekonomiese groei en volhoubaarheid bevorder.