Denemarke gaan belasting hef op vee se buikwinde
Die Deense regering sê die land se grootste partye het ooreengekom oor die detail rondom die wêreld se eerste koolfstofbelasting op vee se gasuitlatings. Vanaf 2030 sal metaan-uitstralings deur beeste en varke se buikwinde as deel van ‘n groter omgewingsplan belas word. Sowat 60-persent van Denemarke se grond is tans bewerk, wat dit saam met Bangladesj die lande met die hoogste persentasie bewerkte grond maak. Tien-persent van die bewerkte grond sal in natuurlike habitat omskep word. Die plan behels ook die aanplant van 250 000 hektaar woude.