Meer as 200 kinders sterf in 2 maande in Libanon

Die Verenigde Nasies sê meer as 200 kinders is in minder as twee maande dood sedert Israel sy aanvalle teen Hezbollah in Libanon verskerp het. James Elder, die woordvoerder van die VN se kinderagentskap, Unicef, het aan verslaggewers in Genève gesê gemiddeld drie kinders word elke dag doodgemaak. Volgens hom is meer as 1 100 kinders in die geweld beseer en nog baie meer getraumatiseer. Hezbollah het in Oktober verlede jaar vuurpyle na Israel begin afvuur ter ondersteuning van die Palestynse militante groep, Hamas, in Gaza.