Eskom vra vir 36% tariefverhoging, maar ‘dis onbekostigbaar’
Green Connection sê Eskom se voorgestelde tariefverhoging is vir die meeste Suid-Afrikaners eenvoudig onbekostigbaar. Die kragverskaffer het by die energiereguleerder, Nersa, aansoek gedoen om elektrisiteitspryse volgende jaar met 36-persent te verhoog. Nersa se openbare verhore oor die moontlike verhoging is tans in Kaapstad aan die gang. Green Connection se woordvoerder, Liziwe McDaid, sê dis ʼn probleem dat Eskom nie bestendige elektrisiteitstoevoer kan verskaf nie, maar nogtans verwag verbruikers moet meer betaal.