Somaliland opposisieleier wen presidentskap
Somaliland se opposisieleier het die wegbreek-streek se presidentskap gewen wat beteken die vorige bestel word verwerp en verandering word aangevra. Sowat 1,2-miljoen mense was geregistreer om te stem in ‘n verkiesing wat internasionale waarnemers as ‘n vertoning van vreedsame demokrasie beskou. Abdirahman Mohamed Abdullahi, algemeen bekend as “Irro”, het byna 64-persent van die steun ingepalm, baie meer as die uittredende president, Muse Bihi. Die 68-jarige Abdullahi was Somalië se ambassadeur in die Sowjet-unie en Finland in die 1980’s, en jare lank die speaker in die Parlement van Somaliland.