Britney se pa sal kuratorskap opgee

Die sangeres Britney Spears se pa, Jamie, het ingestem om as die kurator van haar boedel uit te tree. Die 69-jarige Spears sê in hofstukke hy was deurlopend die teiken van ongeregverdigde aanvalle en glo nie ‘n openbare stryd oor sy kuratorskap sal in sy dogter se beste belang wees nie. Die popster is die afgelope 13 jaar onder kuratorskap nadat sy in 2008 in die openbaar ineengestort het. Die saak sal na verwagting op 29 September in die hof aangehoor word.