Zelensky kry toestemming vir VSA-missiele vir Rusland-aanvalle

Amerika se president Joe Biden het volgens berigte toestemming gegee dat Oekraïne die eerste keer Amerikaanse langafstandmissiele bekend as Army Tactical Missile Systems vir aanvalle in Rusland mag gebruik. Die missiele mag net in die Kursk-streek gebruik word waar Moskou byna 50 000 soldate ontplooi het. Rusland het die naweek sy grootste gekoördineerde aanval in maande in Oekraïne uitgevoer en minstens tien mense is dood. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die Weste in September gewaarsku sy land kan kernwapens gebruik as hy met konvensionele missiele aangeval word.