Nampa/New Era sage wek oor die algemeen groot kommer
Nampa het oor die naweek in ‘n persverklaring ontken dat sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, se sekondering na New Era te herroep, deur politieke faktore beïnvloed is. Dit kom na die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, op sosiale media die herroeping aan sy aksies toegeskryf het. Kommer oor persvryheid by die media in staatsbesit het reeds ontstaan weens New Era se vorige besturende redakteur, Jonathan Beukes, se opspraakwekkende skorsing voordat hy en New Era se weë geskei het. Reaksie is ontvang van die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê die kwessie wek ernstige kommer.