Chanique Chani Rabe ‘n gunsteling by Mej. Supranasionaal

Die Mej. Supranasionaal-kompetisie is byna in volle gang in Pole en Namibië se Chanique Chani Rabe het reeds begin om ’n indruk te maak. Rabe van Windhoek is so gewild dat sy as ’n voorloper bestempel word en verskeie voorspellers meen dat sy volgende naweek die kroon sal dra. Hoewel hierdie voorspellings nie noodwendig in die kol is nie, weerspieël dit aanhangers se gunstelinge en dit kan die deelnemers ’n ekstra tikkie selfvertroue gee terwyl hulle om die titel meeding.