Zelenskiy sê oorlog moet deur diplomasie eindig

Oekraïne se president Volodymyr Zelenskiy het in ‘n radio-onderhoud gesê die land moet alles in sy vermoë doen om te verseker dat die oorlog met Rusland volgende jaar deur diplomasie eindig. Zelenskiy gee toe dat die slagveldsituasie in Oos-Oekraïne moeilik is en dat Rusland vordering maak. Hy sê Russiese president Vladimir Putin stel nie daarin belang om tot ‘n vredesooreenkoms in te stem nie. Hy sê Amerikaanse wetgewing verhinder hom om Donald Trump voor sy inhuldiging in Januarie te ontmoet, en hy sal net met Trump self praat eerder as met enige gesant of raadgewer.