EPRA dreig met regstappe oor werkloosheidsyfers
Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging eis in ‘n brief aan onder andere statistikus-generaal Alex Shimuafeni die onmiddellike vrystelling van werkloosheidstatistieke. Die vereniging sê die Namibiese Statistieke-agentskap maak hom skuldig aan oortredings van verskeie bepalings. Hy voeg by dat die agentskap binne tien dae van die brief, wat 7 November gedateer is, die statistieke bekend maak of, hy wend om aan die hoërhof om die agentskap te dwing.