Quincy Jones sterf op 91
Quincy Jones, ‘n titaan van Amerikaanse vermaaklikheid wat saam met sterre soos Frank Sinatra tot Michael Jackson en Will Smith gewerk het, is op die ouderdom van 91 oorlede. Jones se media-beampte, Arnold Robinson, sê hy is Sondagaand by sy huis in die Bel Air in Los Angeles, oorlede. Jones was waarskynlik die veelsydigste popkulturele figuur van die 20ste eeu, miskien veral bekend vir die vervaardiging van die albums Off the Wall, Thriller en Bad vir Michael Jackson in die 1980’s, wat die sanger die grootste popster van alle tye gemaak het. Jones het ook musiek vir Sinatra, Aretha Franklin, Donna Summer en vele ander vervaardig.