/Khomanin oorhandig vandag petisie

Die /Khomanin-gemeenskap sal vandag hul “Finale Petisie” inlewer in ‘n vreedsame betoging wat om nege-uur by die Daan Viljoen-kontrolepunt begin en via Onafhanklikheidsrylaan na die Parlementstuine sal beweeg. Hulle het nie toestemming gekry om diere by die geleentheid in te sluit nie, maar deelnemers sal ’n heilige vuur-seremonie hou voordat hulle na die beginpunt terugkeer. Die petisie spreek langdurige griewe aan, insluitend grondloosheid, vernietiging van kulturele terreine en ‘n gebrek aan toegang tot voorvaderlike lande. Die petisie sal oorhandig word aan minister in die Presidensie Christine Hoebes, speaker van die parlement professor Peter Katjavivi, landbouminister Calle Schlettwein, en ‘n verteenwoordiger van die Verenigde Nasies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, ‘n lid van die /Khomanin-gemeenskap, wat uitbrei.