Heinrich Klaasen duurste IPL speler ooit
Krieket: Heinrich Klaasen van Suid-Afrika het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga geword met wie ‘n kontrak gesluit is. Sunrisers Hyderabad het die paaltjiewagter en kolwer vir 48-miljoen Namibiese dollar aangestel vir die 2025-seisoen, saam met kaptein Pat Cummins en Travis Head van Australië. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Faf du Plessis, is nie deur Royal Challengers Bengaluru gekontrakteer nie. Die verdedigende kampioene, Kolkata Knight Riders, het sy kaptein, Shreyas Iyer, laat gaan. Klaasen sê hy is opgewonde om steeds vir die Sunrisers te speel.