Nored stel omkeerstrategie in
Die Noord-Namibië Streekselektrisiteitsverspreider, Nored, het ‘n omkeerstrategie ontwikkel om dalende winste en likiditeitsuitdagings aan te spreek. Die uitvoerende hoof vir besigheidstrategie, Christopher Aimwata, het vertel van vorige finansiële kwessies, insluitend ‘n voorval in Junie verlede jaar toe NamPower Nored se elektrisiteitstoevoer afgesny het weens onbetaalde skuld, wat tot kragonderbrekings in die noorde van Namibië gelei het. Die nuwe strategie mik na ‘n 30 persent bruto wins, verbeterde befondsing en beter aanbod- en diensgehalte. Nored bedien tans 90 000 kliënte in agt van Namibië se 14 streke. Simon Lukas, Nored-woordvoerder, gee meer besonderhede oor die omkeerstrategie.