Engeland se kaptein verdedig All Blacks se haka

Rugby: Die kaptein van Engeland, Jamie George, sê hy hou van die geskiedenis van die haka nadat sy spanmaat, Joe Marler, gesê het Nieu-Seeland behoort hulle ritueel voor wedstryde te staak. Met die twee ou aartsvyande wat môremiddag in Twickenham sake uitspook, het Marler, wat nie in Engelse span ingesluit is nie, die haka as belaglik beskryf. Hy het later om verskoning gevra. George het gister gereageer en sê hy het nog altyd die Maori ritueel geniet en was gelukkig genoeg om dit ‘n paar keer in die gesig te staar. Die toets skop net na vyf-uur, Suid-Afrikaanse tyd, af.