Mashatile sê GNU werk om beleggings te stimuleer 

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering het verskeie stappe gedoen om buitelandse belegging te stimuleer, insluitend eenvoudige belastingreëls en ‘n mededingende regulatoriese raamwerk. Hy het gister vrae oor ‘n reeks kwessies in die Nasionale Vergadering beantwoord, insluitend oor die ekonomie, die waterkrisis en uitdagings in munisipaliteite. Mashatile sê die regering van nasionale eenheid is van voorneme om voort te gaan met fundamentele ekonomiese hervorming en om die sake-omgewing te verbeter: