Moenie raas nie, die kinders leer!

NamPol adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het onlangs die belangrikheid van openbare nakoming van die Drankwet se regulasies beklemtoon. Met skole wat vroeër as gewoonlik vir die verkiesings gesluit het, het sy sjebiens, kroeë en kerke aangemoedig om geraas tot die minimum te beperk om te verhoed dat leerders en studente wat vir nasionale eksamens voorberei, ontwrig word. Hierdie oproep het ten doel om ‘n gunstige studie-omgewing gedurende hierdie kritieke tyd te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi gesels.