COPE vra vir verkiesingshervormings
COPE vra dat verkiesingshervormings ingestel word wat party-oorheersing verminder, ware demokrasie bevorder en ʼn regering in staat stel om beter op kiesers se behoeftes te reageer. Die party het sy voorstelle aan die raadgewende paneel vir verkiesingshervorming voorgelê. Die paneel se opdrag is om moontlike hervormings aan die kiesstelsel onafhanklik te ondersoek, daaroor te beraadslaag en dan aanbevelings te doen. COPE se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê hulle ondersteun die instelling van ʼn toekomstige elektroniese stemproses.