Cosatu betoog oor minibegroting
Die vakbondfederasie, Cosatu, betoog vandag buite die Parlement voor die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sy minibegrotingsrede lewer. Die hoofsekretaris van die federasie, Solly Phetoe, sal die betoging in Kaapstad lei en eis ‘n moedige en progressiewe begroting wat ekonomiese groei stimuleer, werk skep en verseker openbare dienste van gehalte word gelewer. Woordvoerder Malvern de Bruyn pleit vir beleid wat die behoeftes van Suid-Afrikaanse werkers en gemeenskappe voorop stel: